News

10-Jarige kritiek na kop-teen-kop botsing

FOCHVILLE. – Vier mense het kritieke beserings opgedoen tydens ‘n kop-teen-kop botsing op die N12 buite Fochville.

Een van die vier beseerdes is ‘n 10-jarige meisie.

Met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel het hulle die twee voertuie langs die kant van die pad gevind. ‘n Man was vasgekeer in een van die voertuie, terwyl twee vroue in die ander voertuig vasgekeer was.

Die 10-jarige meisie is langs een van die voertuie gevind. Drie van die beseerdes is per helikopter hospitaal toe geneem vir verdere mediese sorg, terwyl een per amb ulans hospitaal toe geneem is.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button