NewsNews

Duiker vermis by Durban-hawe

Die soektog na 'n professionele duiker wat by die Durban-hawe vermis geraak het gaan voort.

Die Nasionele Seereddingsinstituut se bemanning is net na 18:00 gister na die toneel ontbied waar die 23-jarige duiker vermis geraak het.

Daar word vermoed dat hy ‘n ander duiker, wat besig was met ‘n instandhoudingsoperasie aan een van die skepe wat in die hawe vasgemeer was, wou aflos. Toe hy nie opdaag om die ander duiker af te los nie, is ‘n soektog van stapel gestuur.

‘n Seereddingsboot is in die water ingestuur en die polisie se watervleuel en ER24 is na die toneel ontbied.

Daar is nog geen teken van die duiker nie. Die soektog gaan voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button