News
MEYERTON: Man dood na bakkie rol
MEYERTON. - 'n Jong man, vermoedelik is sy 20s, is vanoggend dood na sy bakkie op die R54 Villierspad gerol het.
Met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel het hulle die bakkie sowat 200m vanaf die pad gevind.
Wrakstukke was oor die pad versprei.
Die man het sowat 50m van sy bakkie gelê. Hy het geen tekens van lewe getoon en paramedici kon niks vir hom doen nie.
Hy is op die toneel dood verklaar.
Die voorval word ondersoek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



