News

Drie Riviere: Voetganger doodgery

DRIE RIVIERE. - 'n Voetganger is gisteraand dood na 'n taxi hom op die R54, Villierspad, getref het.

Paramedici van ER24 het net na 21:00 by die toneel aangekom waar hulle die man in die middel van die pad aangetref het.

Ongelukkig kon hulle niks vir hom doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die taxi het geringe beserings opgedoen en is hospitaal toe geneem vir verdere mediese sorg.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button