
SASOLBURG. – ‘n Pasient is gistermiddag per helikopter ambulans na die hospitaal vervoer na ‘n ernstige ongeluk op die R57 by die Vaalpark afrit.
Die pad tussen Vanderbijlpark en Sasol was vir ‘n tyd lank gesluit sodat die helikopter kon land om ‘n kritieke pasient te vervoer. Die ongeluk het net voor 14:00 op 26 Desember gebeur.
Verlede jaar het 1714 tydens die 2016/2017 vakansie seisoen op ons land se paaie gesterf. Hierdie jaar is geen uitsondering nie en die verwagting is dat syfers weer hoog gaan wees. Motoriste word gemaan om uiters versigtig te bestuur. Dronkbestuur bly steeds een van die grootste probleme.



