Local newsNews

Vrou en kind sterf toe klip op windskerm val

'n Jong vrou en 'n sewejarige seuntjie het laasnag gesterf nadat 'n groot klip vanaf 'n brug op hul kar geval het

‘n Jong vrou en ‘n sewejarige seuntjie het laasnag gesterf nadat ‘n groot klip vanaf ‘n brug op hul kar geval het en hulle getref is.
Die voorval het op die N2 Noord in KZN, tussen Tongaat en die gewilde vakansiedorp Ballito gebeur.
Volgens ‘n verslag van IPSS Medical Rescue het personeel van dié diens hulle na die toneel gehaas nadat hulle daaroor ingelig is. Die bestuurder van die voertuig, wat nie in die voorval beseer is nie, het intussen besluit om self met die beseerdes in sy voertuig na die hospitaal in Ballito te jaag, waar vasgestel is dat albei slagoffers reeds gesterf het.
In hierdie stadium word vermoed dat misdadigers die klip op die voertuig laat val het met die doel om die voertuig tot stilstand te bring en die insittendes te beroof. Die polisie ondersoek ‘n saak van dubbele moord.

Die identiteit van die gesin is nog nie bekend gemaak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button