NewsNews

Seun sien hoe pa op Kersdag geskiet word

'm 52-jarige man is dood na hy glo per ongeluk deur 'n veiligheidswag op Kersdag in die kop geskiet is.

Die voorval het Maandag omstreeks 14:30 in Mandeni in KwaZulu-Natal  plaasgevind.

Volgens Paul Herbst van IPSS Medical Rescue was die man op pad by sy huis uit toe sy honde uit die erf in die straat in gehardloop het.

Die veiligheidswag wat in daardie stadium verby die huis gestap het, het sy vuurwapen uitgehaal omdat hy bedreig gevoel het deur die honde.

Die man se seun het agter die honde aan gehardloop en die veiligheidswag gesmeek om nie die honde te skiet nie, maar oomblikke later het ‘n skoot afgegaan. Die seun het na sy pa gedraai en hom op die grond sien lê.

Volgens lt.kol Zwane word daar vermoed dat die veiligheidswag ‘n waarskuwingsskoot wou afvuur, maar dat die opslagkoeël die man in die kop getref het.

Die man is deur paramedici van IPSS Medical Rescue na die hospitaal gejaag waar hy later dood is.

Die veiligheidswag is in hegtenis geneem en staar ‘n aanklag van moord in die gesig.

 

Bron: Maroema Media

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button