CommunityLifestyleLocal newsNewsBreaking News

Opvolgberig: Man wat kleuter met vuis slaan, opgespoor

Die pa wat 'n kleuterdogtertjie Dinsdag voor 'n winkelsentrum met die vuis voor ooggetuies geslaan het, is op 'n hoewe buite Vanderbijlpark opgespoor

Die man wat ‘n woedende storm op Facebook ontketen het nadat hy Dinsdag ‘n kleuterdogtertjie ten aanskoue van ooggetuies met die vuis bygedam het, is opgespoor.
Die man, wie se identiteit weerhou word om sy gesin se privaatheid te beskerm, is Dinsdag gesien waar hy voor ‘n ysterwarewinkel in Langenhovenstraat, Vanderbijlpark, ‘n dogtertjie van so 4 of 5 jaar oud, uit sy Golf gepluk en met die vuis toegetakel het.
Toe ‘n ooggetuie nadergaan om hom te stop, het hy in die kar gespring en weggery.
Nadat duisende lesers die berigte op Facebook gelees het, is inligting opgevolg waarna die gesin deur die Boere-eenheidgroep op ‘n hoewe in Lamontpark buite Vanderbijlpark opgespoor is.
Volgens Chané Frylinck van die Boere-eenheidgroep het verteenwoordigers van die groep (Jacques en Lorna) die gesin se huis besoek. Die inwoners leef in verskriklike armoede. Daar is vier kinders, onder wie drie dogtertjies en ‘n seuntjie. Die seuntjie is 14 maande oud en die dogtertjies se ouderdomme is 4 jaar, 5 jaar en 7 jaar.
Kinderwelsyn en die Polisie gee aandag aan die voorval, maar ‘n amptelike saak is nog nie oopgemaak nie. Die gesin gaan glo sielkundige berading kry en die pa het ingestem om dadelik intensiewe berading vir woedehantering te begin ondergaan.
* Die kinders het ‘n baie groot behoefte aan kos, klere, beddegoed, toiletware en feitlik enige ander artikels waaraan ‘n mens kan dink. Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak en artikels wil skenk, kan Chané Frylinck van die Boere-eenheidgroep skakel by 065 982 9361.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button