News

En dit is waarom jy nie water het nie

Sedert Vrydag ervaar inwoners van die Emfuleni-distrik groot probleme met water. Sommige dele het baie min water, terwyl ander dele geen water het nie. Volgens Lebo Mofokeng van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit kon die munisipaliteit slegs R150mil betaal en het dus R50mil te min aan Rand Water betaal.

Volgens inligting het Rand Water die waterdruk na Emfuleni met 40% verminder na hulle nie die volle betaling waarop daar ooreengekom is, ontvang het nie.

Mofokeng sê egter die munisipaliteit het tans vyf watertenks in die gebied om bietjie verligting te bied aan inwoners wat nie water het nie.

Daar is ook geen aanduiding wanneer inwoners weer water in hul krane sal hê nie, maar Emfuleni burgemeester, raadslid Jacob Khawe besig met onderhandelings.

Op 20 November 2017 het die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit R431 789 101.95 aan Rand Water geskuld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button