News

MEYERTON: Vrou aangeval en huis aan die brand gesteek

MEYERTON. - 'n Vrou van Glen Donlad is gisteraand met 'n byl aangeval voor die hoofslaapkamer van die huis aan die brand gesteek is.

Met brandweermanne van Midvaal Brandweer se aankoms by die toneel was die brand reeds geblus.

Die hoofslaapkamer van die huis is volgens inligting  deur die aanvallers aan die brand gesteek.

Die vrou, wat met die byl aangeval is, is hospitaal toe geneem en word tans behandel vir die wonde wat sy opgedoen het.

Die voorval het in Alicestraat plaasgevind.

*Meer inligting sal volg!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button