Dié week se nuus
Kry jou Vaalweekblad van 17 Januarie vandag by jou naaste straatverkoper of kafee teen slegs R5-80

Retha Fitchat
* Me. Esmarie Bosch vertel van haar groot skrik toe sy die een oomblik nog rustig in Vereeniging se strate ry, en die volgende oomblik tot stilstand geruk is toe die voorkant van haar motor in ‘n slaggat verdwyn.
* Lees ook oor ‘n ander slaggat in die Vaaldriehoek wat gereeld voertuie “vang” – op een dag was daar sommer VYFTIEN wat weggesleep of op die toneel herstel moes word.
* ‘n Meyertonse pappa en mamma se groot verdriet nadat hul enigste dogtertjie van hulle af weggeruk is.
* ‘n Facebook-gebruiker is in die sop oor die gebruik van die “K”-woord om na swartmense te verwys. Woedende betogers ruk op na sy werksplek om met sy werkgewer te praat.
* Lees wat sê Hoërskool Overvaal se ouers oor die onderwysdepartement se opdrag dat dié Afrikaansmedium skool 55 kinders wat in Engels onderrig wil word, moet akkommodeer.
* Kyk hoe lyk die baba-kameelperdjie wat onlangs by die Emerald Resort se Animal World gebore is!
* Clarine Enslin, voorheen van Vereeniging, vertel van hulle (soms moeilike) aanpassing in Australië.
* Onthou dat die weeklikse blokraaisel weer van hierdie week af in Vaalweekblad verskyn. Dalk is JY die gelukkige wenner van R1000 of vele ander pretpryse!
Dit en veel meer in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad. Ondersteun Vaalweekblad asseblief deur die weeklikse papieruitgawe teen slegs R5-80 te koop, dan stel julle ons in staat om aan te hou om daaglikse GRATIS nuus op ons webblad en Facebook te plaas!



