Local newsNewsNews

Bakleiery en klag lei tot selfmoord

Bakleiery en klag lei tot selfmoord

VANDERBIJLPARK. – ‘n Vrou (28) het verlede week Dinsdag ernstige kneus- en skaafwonde opgedoen toe sy glo deur haar gewese kêrel uit ‘n bewegende voertuig gestamp is.
Danica Myburgh, ma van twee, het haar lot verlede week by Vaalweekblad bekla en ook ‘n saak van poging tot moord teen haar gewese kêrel, Derick Fourie (36), ook van Vanderbijlpark, aanhangig gemaak. Danica was rou van die skaafwonde wat sy tydens die voorval opgedoen het. Die berig het baie reaksie (9 343 besoekers) op Vaalweekblad se webwerf gehad. Die saak sou dié week verder ondersoek word, maar het Dinsdag ‘n skokwending geneem toe speurders op Derick se lewelose liggaam in sy woning afgekom het. Hy het homself vermoedelik opgehang. Op die betrokke dag waartydens Danica beseer is, was sy glo by haar huis in CW4 toe Derick daar opdaag. ‘n Woordewisseling het ontstaan, waarna Derick glo haar selfoon gevat het. Hy was in sy motor en Danica het aan die passasierskant in die
motor ingeklim om die selfoon te probeer terugkry.
Hy het begin om weg te ry en vir Danica vermoedelik naby die stopstraat uitgestamp. Danica het aan Vaalweekblad vertel dat sy nog aan die deur bly hang het en gelukkig nie onder die voertuig se wiele beland het nie. “Hy het voorheen al my foon stukkend gegooi, my kinders se foto’s opgeskeur, my onderklere opgesny en ‘n teddiebeer se kop afgesny,” sê Danica. Sy het om dié rede besluit om ‘n klag van poging tot moord teen hom te open. Speurders het gisteroggend (Dinsdag) na Fourie gesoek en net voor 13:00 op sy lyk by sy woning op die Vaalrus-kleinhoewes afgekom. Volgens inligting is hy teen 08:00 gisteroggend die laaste keer lewend gesien.

Danica Myburgh (28)
Wyle Derick Fourie (36)
FOTOS: Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button