
Met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel net voor 13:00 in Weilback- en Bokkie Delportstraat was die een bakkie op sy dak en die ander een langs die kant van die pad.
Daar was twee mense binne die bakkie wat op sy dak gelê het, maar hulle was reeds dood. ‘n Ander persoon het verder weg van die bakkie gelê, maar het ook noodlottige beserings opgedoen.
Vier ander mense het middelmatige tot ernstige beserings opgedoen.
Dit blyk asof die bestuurder van die een bakkie ‘n koei getref het en toe met die ander bakkie gebots het. Die koei is ook dood.
Een van die pasiënte wat ernstige beserings opgedoen het is per helikopter na die Chris Hani Baragwanath Hospitaal geneem.
Die voorval word ondersoek.



