NewsNews

Ma se hart stukkend oor vermiste seun

SASOLBURG. – ‘n Ma van die dorp se hart is stukkend en haar gesondheid is besig om agteruit te gaan omdat haar seun al vir meer as twee weke spoorloos verdwyn het.

SASOLBURG. – ‘n Ma van die dorp se hart is stukkend en haar gesondheid is besig om agteruit te gaan omdat haar seun al vir meer as twee weke spoorloos verdwyn het.

Terence Breedt (28) is die laaste keer op 20 Junie by sy ouerhuis in die dorp gesien. Hy het so half nege die oggend verdwyn en het ‘n ligte grys sweetpakbroek, donker grys sweetpaktop (beide met strepies aan die kant) en rooi en wit Nike-tekkies aangehad.

“My seun is ‘n regte ‘mamma’s boy’. Maak nie saak in wat se moeilikheid hy beland het, of wat hy ookal aangevang het, hy het elke aand huis toe gekom. Hy het nog nooit van die huis af weg- gebly nie. Hy weet hier is sy ma altyd reg met ‘n lekker bord kos. Daar is iets fout, hy sal nie net so lank wegbly sonder om my te laat weet waar hy is en of hy veilig is nie,” sê sy ma Estelle. Sy vrees vir haar seun se lewe, en die stres begin nou sy tol op haar gesondheid eis.

“Ek wil net weet my seun is okei,” sê sy. Terence is 1.94 m lank, het blonde hare, sy regterarm is vol tatoeëermerke en die naam Tylor is op sy linkerarm se gewrig getatoeëer. Hy het ook ‘n ‘barcode’ agter op sy nek en ‘n sterretjie agter sy oor laat tatoeëer.

Indien enige iemand vir Terence sien, of weet waar hy is, kan hulle Estelle by 079 581 9169 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button