
Anoniem van Vanderbijlpark skryf:
Ek wil net sê aan ’n sogenaamde welsynsorganisasie in Vanderbijlpark: Hoe kan julle ou mense by die verkeersligte laat staan om vir julle geld in te samel? Dis sleg man, hulle is oud.
Hoekom gaan staan julle wat die mense uitstuur nie self daar nie? En die geld word nie eens vir die mense agter gebruik nie, dit gaan net so in julle sakke in.
Ek weet wat se ordentlike kos eet julle mense voor, maar die mense agter se kos is belaglik. Sies, kry julle nie skaam om dit te doen nie?


