Local newsNewsNews

Ongelooflik! Pasiënt leef na totale wrak

Ongelooflik! Pasiënt leef na totale wrak

VEREENIGING. – Na ‘n Ongeluk toe ‘n Chevrolet Aveo motorjie teen ‘n trok gebots het, bewys dit weereens dat elke mens het tyd om te kom en tyd om te gaan.

Volgens inligting het die trok vanoggend, 1 Februarie, net voor 07:00 in Houtkopweg, in die verkeerde kant van die pad gestaan toe die motor teen hom vasgery het. Die voertuig het onder die linkervoorkant van die trok tot stilstand gekom. Wonderbaarlik het paramediese personeel van ER24 die pasiënt op die bestuursitplek gekry. Alhoewel die voertuig in twee geskeur was, leef die man en het nie ernstige beserings opgedoen nie. Die brandweer moes die voertuig met hidroliese toerusting oopsny. Die voorste deel van die motor het ‘n ent verder weg gelê. Die pasiënt is deur die Provinsiale ambulansdiens na die Sebokeng hospitaal geneem vir behandeling.

FOTO: ER24
FOTO: ER24
FOTO: ER24
FOTO: ER24
FOTO: ER24
FOTO: ER24
FOTO: ER24
FOTO: ER24
FOTO: ER24
FOTO: ER24

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button