NewsNews

Waarom verskil kragtariewe in een maand?

VANDERBIJLPARK. - Baie lesers het die afgelope weke in briewe aan Vaalweekblad of in die SMS-rubriek ‘n verduideliking van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se voorafverkoopte elektrisiteitstariewe gevra.

VANDERBIJLPARK. – Baie lesers het die afgelope weke in briewe aan Vaalweekblad of in die SMS-rubriek ‘n verduideliking van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se voorafverkoopte elektrisiteitstariewe gevra.
Vaalweekblad het ‘n woordvoerder van die munisipaliteit drie weke gelede reeds vir ‘n verduideliking gevra, maar tot dusver het hulle nog nie met ‘n antwoord teruggekom nie.‘n Paar inwoners van Emfuleni het intussen verduidelikings aan Vaalweekblad verskaf. Volgens een so ‘n inwoner, mnr. Basie Pienaar, sal ‘n verbruiker op die kwitansie wat jy kry wanneer jy krag koop, sien dat daar verskillende pryse is vir eenhede wat in dieselfde maand gekoop word. Dit werk volgens die volgende glyskaal:
1) Vanaf 0 tot 50 kWh (kilowatt-uur) is die koste 104.59c per kWh. (Hierdie prys kry jy net eenkeer per maand).
2) Vanaf 51 tot 350 kWh is die koste 117.87c per kWh (Hierdie prys kry jy ook net eenkeer per maand).
3) Vanaf 351 tot 600 kWh is die koste 157.72c per kWh (Dié prys kry jy ook net eenkeer per maand).
4) Sou jy meer as 600 kWh per maand aankoop, geld die maksimum tarief van 189.26c per kWh. “Let dus daarop dat jy die eerste (noem dit maar ‘goedkoop pryse’) per kWh tot met 600 kWh net eenkeer per maand kry. As jy dus 600 kWh op die eerste dag van die maand aankoop en jy koop daarna ‘n tweede keer in dieselfde maand net 50 kWh gaan jy 189.26c per kWh daarvoor betaal. Dit is hoekom jy minder kWh kry as jy meer as eenkeer ‘n maand krag koop – omrede jy klaar jou eerste 600 kWh vir die maand teen ‘n ‘goedkoop’ prys gekry het. Al koop jy tien duisend kWh per maand gaan alles bo 600 kWh jou 189.26 kos,” verduidelik Basie. Dit blyk dus dat die munisipaliteit inwoners wil aanspoor om nie meer as 600 kWh per maand te koop nie, want vir alle elektrisiteit meer as dít, betaal jy ‘n aansienlik duurder tarief.
* Baie dankie ook aan mnr. Lock van der Merwe en ander lesers wat soortgelyke verduidelikings ingestuur het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button