NewsNews

21-jarige voor ouerhuis geskiet

Die gemeenskap van Heidelberg, Gauteng, is in rou gedompel na die dood van Abigail Meyer (21). Sy is deur gewapende rowers voor haar ouerhuis geskiet.

Luidens berigte het Abigail en een van haar kollega’s gisteraand by haar huis gestop om klere op te tel. Sy is ‘n mediese vrywilliger.

Die rowers het haar kollega oorval, maar sy was onbewus oor wat besig is om te gebeur. Toe die rowers haar gewaar het hulle begin om skote af te vuur. Sy is in die maag gewond.

Abigail is in ‘n kritieke toestand per helikopter hospitaal toe geneem, maar het later aan haar beserings beswyk.

Die voertuig, ‘n Ford Fiesta, is na die voorval in KwaThema gevind.

Die polisie ondersoek die voorval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button