Vacancies

Sms’e 15 Julie 2015

Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet asseblief in kleinletters getik word, aangesien dié wat net in hoofletters is, outomaties deur ons stelsel verwerp word. Jou SMS moet ook sin maak vir ander lesers.

Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet asseblief in kleinletters getik word, aangesien dié wat net in hoofletters is, outomaties deur ons stelsel verwerp word. Jou SMS moet ook sin maak vir ander lesers.

* Aan Jaco en sy span by Sunrise Trailers van Meyerton, baie dankie vir die pragtige klimrame en apparate wat julle vir ons gemaak het. Ek en die personeel asook ouers van Dynamic Kids kleuterskool waardeer dit opreg. Die kinders wil nie eers meer huis toe gaan nie. Baie dankie. Adele en Dynamic Kids kleuterskool. Jaco jul is awesome.

* Betaal Mittal julle om nie hul naam bekend te maak nie? Wel dit lyk 110% so!!! Johnny.

* Dankie aan Vaalweekblad vir die watertank advertensie wat julle geplaas het, ek het een gekry. Willem.

* Dankie Vaal Mall, die nuwe teëls wat julle insit is puik. My skoene gly nie soos op die ou teëls nie en ek kan nou lekker inkopies doen sonder ‘n vrees dat ek ‘n been of my nek gaan breek. Kan nie wag totdat als klaar is nie.

* Vorige SMS-navraag verwys: Die ou Rhodesian geld is werd wat die gat in jou penny werd is.

* ‘n Vorige SMS verwys: Dis reg, boetie. Jy try my. Jy gaan my nou baie by jou huis sien verbyry. Sal ligte gooi en vir jou waai wanneer ek daar verbyskuur.

* Doen asb. navraag oor ‘n sekere modelskool in Vdbp. Word geld belowe vir Sebokeng- en ‘n sekere wedding expo in die Vaaldriehoek. Maande later nog niks ontvang.

* Ek hoor dis amper onmoontlik om jou bestuurderslisensie te slaag sonder om ietsie onder die tafel deur te betaal. Ek weier, so wat nou?

* Ek is ‘n onderwyseres op soek na ‘n tweeslaapkamer woonstel wat nie te duur is nie, as dit moontlik is. Baie dankie. 061 478 4504.

* Ek kan Afrikaans en Engels lees, daarom koop ek elke week my Vaalweekblad sonder om na die prys te kyk.

* Ek kan nie verstaan dat julle al die str@nt wat KaliMarie en Louis Claes praat plaas, maar my SMS’e nooit. Nogal terugvoer en dankie vir SMS en jaaa, vat lekker my geld. Ek het 10 SMS’e ingestuuuuuuuur maar niks word geplaas.
U sê nie wie u is of waaroor u SMS’e gehandel het nie. Indien u ‘n duur produk of diens geadverteer het, ‘n sakeonderneming of individu belaster het of as u onsamehangende of onverstaanbare SMS’e gestuur het, is dit die rede dat dit nie verskyn het nie. Red.

* Ek soek dringend parkeerplek vir my bakkie, sal betaal. Ek is in CW 2. Jacky. 073 446 2504.

* Ek wil net graag weet. As ‘n mens ‘n alleenmandaat aan ‘n huisagent gee, waarom is daar vir drie maande geen kontak of geen potensiële kopers nie? C.E, julle kos ons baie!

* Ek’s op soek na ‘n huweliksberader, enige iemand wat my inligting kan verskaf sal help. Dankie. Anoniem.
U het nie u foonnommer bygevoeg nie. Red.

* Vaalweekblad Sport, daar is ‘n sportster wat ook geskitter het. Sy is 13 jaar en het op SA en ASA in Bloemfontein puik presteer vir o.15. Sy is Shere Janse van Rensburg van Transvalia. Sy het op SA brons in 100m 4de in 200m en goud vir aflos gekry en op ASA in Bloemfontein het sy goud in 100m en goud in 200m gekry en sy is gekies om aan Bokkieweek in Kroonstad deel te neem vir hokkie. Dankie.
Ons almal by Vaalweekblad sê hartlik geluk! Red.

* Goeiedag, hier is mense van sekere forums wat al begin klink soos ‘n welsynsorganisasie, looitjies vir dít, donasies vir dát, ek’t altyd gedink dit gaan net oor die veiligheid van die mensdom, maar duidelik nie. Vra maar net! Bekommerd.

* Graag wil ek net vra. Eskom se krag is nie goedgekeur nie, maar elektrisiteit van Meyerton is op. Vir R500 kry jy 443.4 eenhede, vir R450 kry jy 372.9 eenhede, ‘n verskil van 70.5 eenhede. ’n Verskil op R70. ‘n Verskil op die 1 van elke maand. Wat nou?

* Gratis nr. 10 rugby- en spykerskoene vir seun wat dit nodig het. SMS 084 342 2419.

* Hiermee wil ek die personeel van die belastingkantoor in Vereeniging baie dankie sê vir hul vriendelike diens wat ek ontvang het, was binne ‘n uur klaar gehelp. Willie.

* Hoekom is daar altyd oorlamse ou tannies, hulle is al oumas, maar gedra hule nie soos oumas nie! Sies, jy moet jou gedra, wat sal jou kleinkinders van jou dink?

* I love Vaalweekblad, every article is interesting and the SMS pages make me laugh at some of the comments. I can’t wait for Wednesdays. Thank you. Jennifer Moolman.

* Jou vuil vark, jy wat my Jetta by River Walk vieslik gestamp het, jou vuil d@nner en nie eens die moeite doen om te sê dis jy nie. Hoop jy skryf jou kar af.

* Kan iemand wit verf skenk sodat lyne op die paaie in Drie Riviere oorgeverf kan word asb? Dit sal baie misverstande oplos!

* Aan iemand wat sal verstaan: Kry jy nie skaam nie E.M?

* Berig in Vaalweekblad van 1 Julie oor polisie-ongerymdheid verwys: Charles en Janie, ry die helsems vir naamskending! 95% van hul is pateties vrot. Moenie vir my sê ons publiek moet altyd die minste wees en ja en amen sê nie. Hulle het mos die houding, ek en my uniform, hoe liefies tog. G@tvol vir sulkes!

* Mening. Daardie pateet wat die boerbok verkrag het. My advies is, sny sy ******* af. Dit moet sommer wet word vir al sulkes!

* Raad oor konfyt by handtertjies. Gebruik goeie konfyt en meng bietjie Maizena by. Maak kant van handtertjie bietjie nat met water. Konfyt sal nie uitkook nie.

* The man that raped the boerbok should not be allowed on the streets – our children and now animals are not safe from these monsters. Natalie Moolman.

* Valke vroue rugbyspan wen eerste Curriebeker wedstryd teen Pumas met 41-15 en die o.18 vertrek na Natal vir eerste Sarumand. Die wat belangstel in vroue rugby, bel Pannie by 084 601 0391.

* Wag nog steeds vir persoon wat aanmerkings maak oor blou bakkie in koerant om my te kontak of is jy ‘n lafaard? Daar’s baie blou bakkies in die dorp. Dankie.

* Geagte redaksie, dit is nou die vierde week wat ek SMS. Het ons mense tot so ‘n lae vlak gedaal dat ons net die gemors sien? Kan ons nie iets mooi en wat opbouend is, kry nie? Claes is so behep met sy spelling, ek wonder hoe is sy wiskunde! Liefde vir julle. Ouma Lena.

* Thank you Vaalweekblad for keeping us informed about the the tragic case regarding the boerbok. Jennifer Moolman.

* Ons is op soek na tweedehandse storieboeke vir ‘n ouetehuis wat ‘n eie biblioteek inrig. Moet in goeie leesbare toestand wees en verkieslik Afrikaans.  Kontak Marina. 083 291 9547. Baie dankie.

* Aan twee pragtige dames by Hotpot restaurant in Houtkopweg in Vereeniging, Hannetjie en Marie. Julle diens is puik en die pies cravy en chips is smul lekker. Hou so aan. Ek’s is gereelde kliënt. Dankie. Gerda.

* As ‘n lid van die Mibfa pensioenfonds wil ek net my mening gee die eise wat nie so gou en doeltreffend geprosesseer word nie. Ek het einde Februarie my goed ingegee en wag nog steeds vir my gelde, meer as drie maande nou al!

* Besig om ‘n plot op Louisrus te koop. Wees asb. versigtig vir ‘n sekere agent, nie baie betroubaar nie. Stel net belang in geld.

* Dringend op soek na ‘n 2 slaapkamer flat of ‘n huis te huur in Vdbp met kragboks asb. of water ingesluit, bedrag tussen R2 800 tot R3 500 ‘n maand. Tessa. 076 040 3842. Soek private plek asb.

* Ek het ‘n haardroër (die tipe wat in salonne gebruik was), net myne is ‘n draagbare een, maar kan gemonteer word soos jy verkies. Indien iemand belangstel, ek gee dit gratis weg. 082 701 2547. Yvonne du Toit.

* Ek is asb. op soek na veilige, bekostigbare staanplek naby Vanderbijlpark vir ‘n jong ponie. 082 321 6461.

* Ek is op soek na enige tipe koekpanne wat jul nie meer gebruik nie, asook enkelbedmatrasse. SMS of bel asb. Katy. 072 986 9771. Baie dankie.

* Ek moet sê die Vetkoek Sjef se vetkoeke bly die beste in Sasolburg. Groete. Oom Kalimarie.

* Ek stel belang in ‘n Hyundai i30 of i20, moet in goeie kondisie wees. Okkie. 079 904 0786.

* Ek wil net dankie sê vir pragtige diens en vriendelike gesigte by Sasol Vulstasie naby Mittal! Dit is lekker om besigheid daar te doen! Baie dankie, hou so aan!!

* Ek wil net weet kan ons verkeersbeamptes nie netjiese op hulself wees nie? Hul lyk soos boemelaars en ek wil nie deur ‘n boemelaar beboet word nie. Skim se seun.

* Ek wil vra as ‘n wit vliegduif mannetjie iewers in ‘n hok is, sal ek hom graag wil terugkry. Sy ringnommer is 0136 N0VPF met tauris elektroniese ring. Sal jou ‘n wit kleintjie skenk wat ek nou het. WhatsApp my by 079 851 8392.

* Goeiedag aan die publiek. Ek wil hoor of iemand my nie asb. kan help om my grade te kan kry nie, dan kan ek werk kry by sekuriteite. My vader wil my nie help nie, ek sal die geld terugbetaal as iemand my kan help en ek kry werk, want sekuriteit het altyd werk. Asb. het ‘n vrou en kind om voor te sorg. O63 219 792O. Willem van Niekerk.

* Goeiemiddag, wees asb. so vriendelik om Vaalweekblad se faksnommer vir my te stuur. Wil graag ‘n faks aan u stuur. Groete. (U nommer ontbreek – Red).

* Hi as enige iemand my kan help asb. ek is op soek na ‘n 1600 engine en ratkas vir ‘n Golf wat ek kan afbetaal asb. Werk in Sasol en bly in Holly Country. Dankie. 076 929 2962.

* Is daar moontlik iemand wat my kan help met ‘n industriële matwasser? Ek wil nie bedel nie, is hardwerkend en wil ook graag selfversorgend wees. Baie dankie. 074 506 1175.

* Is dit regverdig dat pensioenarisse wat afhanklik is vir ‘n ekstra inkomste gebruik en misbruik word om jongmense se ouers dag en nag te versorg en dan moet die pensioenaris die ouer op haar eie onkoste vervoer en vir haar kos voorberei en dan nog minder ontvang as wat die loonwet bepaal. Kan dit aangemeld word by die welsyn?

* Insake: Bankkoste vir kontant – dit kos meer geld om kontant in die bank te deponeer – as iemand ‘n EFT doen, dan kos dit die ontvanger daarvan niks, maar ek stem saam – dis nie reg om die kliënt te beboet daarvoor nie.

* Jy’t van Vanderbijl af getrek Sasolburg toe. Jy bly saam met jou neef se vriend en het ‘n kind by hom, maar hy trou jou nie. Tog word ek ‘n liefdeskind genoem?

* Kan iemand my asseblief help om Master Care se tel of faksnommer te kry en straatadres ook as dit moontlik is. Ek probeer hulle kontak sonder sukses. Baie dankie. Willie.

* Kim Kardashian wannabee, ek like jou. Ek glo jy werk hard aan die groei van more se kriminele, terroriste, psigopate, sataniste en wie weet wat als nog…

* ’n Vorige SMS verwys: Mnr. van die blou bakkie: lyk my jy het ‘n skuldige gewete. Aangesien daar so baie blou bakkies is, hoekom moet die persoon wat die aanmerkings gemaak het jou spesifiek kontak? Die persoon het nie name genoem nie. Daar is baie mans wat blou bakkies ry en jy is die enigste een wat aandring dat jy gekontak word. Laat mens wonder. Ek ken ook ‘n man wat hom skuldig gemaak het aan dieselfde dinge as die man met die blou bakkie. Hy was ook altyd kamstig vreeslik “verontreg”. Die waarheid seëvier altyd. Hulle het hom redhanded uitgevang na baie jare.

*More wil net weet, krag is op. Jy koop
R1 000 se krag en kry oor die 500 eenhede. Hoe op aarde koop mens baie krag en dan is belasting nog nie ingesluit nie? Volgens my moet belasting ingesluit wees. Skim dogter.

* Officer buying liquor …… Oe e e madam then I’ll have to pay for the petrol, now I’m driving on your tax moneys…so much easier and cheaper you see…

* Die dagga en tikverkopers se dreiger…..wie is die grootste pateet, jy wat hulle nie rapporteer nie of hulle wat dit verkoop?

* Vreemde brandreuk in Meyerton: Ja die reuk het ons ook verlede week getref vir twee dae aaneen. Beslis erg vir die bors. Henley aftree-oord.

* Soek asb. saamrygeleendheid van Falcon Ridge na Basheestraat, Drie Riviere. Maandae tot Vrydae van 8 uur af. Skakel Yolandi. 079 497 6328.

* Die reuk wat oor Meyerton hang van 02:00 tot 9 uur soggens.Geen mens kan dit langer verduur nie. 0ns word naar en kry hoofpyne daarvan. Die polisie sal moet ondersoek instel. 0ns bly in Henley-on-Klip en dit stink.

* Werk die krag uit wat jy koop volgens die prys dan sal jy sien hoe skelm is hulle. Koop R900 se krag, kry 535 eenhede, R69 is weg. Wie kry dit? Skim.
Lees ook die verduideliking oor kragtariewe elders in hierdie uitgawe. Red.

* Goeiedag aan almal. As iemand kan help asb. Wie is verantwoordelik vir instandhouding van grondpad by Houtkopplotte? Jy ry met ‘n 4×4 en hoop dat jy heel uitkom anderkant. Wie moet ek smeek om iets gedoen te kry? Laat weet gerus. Sonlandpark. Hendrikstraat. Dankie. Tom 083 281 7351.

* Mills en Boone Engelse boeke te koop – R50 vir 10. Baie dankie. 378 bbm 266C9D06 Vanderbijlpark. Dankie. Anita Lourens. 083 540 6. (u nommer het onvolledig deurgekom – Red).

* Weet iemand dalk waar mens e-tol rekenings kan betaal as jy nie internet het nie? Die winkel waar ons dit altyd betaal het in die Vaal Mall het blykbaar toegemaak? Sal bly wees as iemand asb. kan help. Baie dankie! Hierdie SMS is ons bewys dat ons probeer het om te betaal!

* Goeie dag, die reuk wat oor Meyerton gehang het is afkomstig van die vlei wat op 1 Julie tussen uitbreiding 4 en 6 gebrand het. As die publiek ophou om hulle tuinvullis en ander rommel in die vlei te gooi, sal daar ook nie so ‘n reuk wees na ‘n brand nie. Meyerton inwoner.

* Wil net graag mense waarsku daar is ‘n bottelstoor in Meyerton, hulle neem mense in diens en daarna vat hulle jou geld vir voorraad wat wegraak en daarna sê hulle jy moet loop en neem ander mense in jou plek.
O tyd… het hulle nie dalk die werker op ‘n CCTV-kamera uitgevang nie? Red.

* Wil net vra: moet ek lag of huil? Spoet kaarkie, Aug 2013, word Maandag in die pad voorgekeer en gesê jy moed petaal. Wat nou?
As jy skuldig was, dan moed jy seker maar petaal, maar wees verseker ons lag en huil saam met jou! Red.

Hulp gevra

* Vra asb. of daar nie iemand is wat ou klere vir my het nie? Is pensioenaris en
bedleênd, wil Bybelblok invul. Baie dankie. no.076 851 0717.

* Het dringend adult nappies nodig of slip on doeke, large of extra large wat u nie gebruik nie. 082 425 9955, Vereeniging, baie dankie.

* More vriende, ek is dringend op soek na enige afval teëls wat julle nie gebruik nie. Dis vir oumense wat net sementvloere het en na klere vir vrouens 10-44 plat skoene 6-7, dogtersklere vanaf 7-17 en seuns 7-15 en enige komberse.

* Middig mense: Ek vra asseblief dringend hulp vir twee oumense, die oom is 60, het kanker en is gestrem, die tannie is 50, ‘n diabeet en siek. Kort dringend hulp: Gordyne, beddegoed, yskas/iets wat koud maak, TV, enige ou meubels, kos, toiletgoed. Hulle het niks. Kinders het hulle weggegooi. As iemand dit sal kan skenk, kontak 071 509 9994.

* Is daar iemand wat vir my wol en hekelpatrone het? Enige hekelpatrone asseblief? 076 922 0006.

* Hallo almal, ek benodig dringend matte, enige grootte en warm beddegoed vir ses kinders. Baie dankie. 079 289 1218.

* Hi daar ek wil net graag weet, het die mense ons hier in Miemie Fouriehof Vereeniging vergeet? Ons het elke winter iets ontvang, maar nie meer nie. Asseblief onthou ons ook. Dankie. Inwoner.

* Is daar mense wat kan help met klere vir ‘n 5-jarige dogtertjie? Baie dankie. 062 10

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button