NewsNews

Vyf beseer in R59-ongeluk

Vyf mense is beseer toe drie voertuie op die R59, by die Kliprivier-afrit, in 'n botsing betrokke was.

Die ongeluk het gistermiddag net voor 17:00 gebeur.

Met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel was alle insittendes steeds in hul voertuie. Daar word vermoed dat die derde voertuig van die toneel gevlug het.

Paramedici het die beseerdes op die toneel behandel voor hulle vir verdere mediese sorg hospitaal toe geneem is.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button