Local newsNewsNews

Motorfiets ongeluk op R57 – man ernstig beseer

Motorfiets ongeluk op R57 - man ernstig beseer

VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk op die draai net na die Stonehaven brug op die R57 het die bestuurder van die 1200 BMW motorfiets, in ‘n ernstige toestand in die hospitaal laat beland.

Die ongeluk het vroeër vanaand Saterdagaand 17 Februarie, ongeveer 20:00  gebeur. Jacques Rossouw (39), was vanaf Clarens in die Vrystaat na Pretoria oppad toe hy beheer oor die motorfiets verloor het op die skerp draai onder die Stonehaven brug.

Volgens inligting op die toneel het hy ‘n hele ent op die middelstrook deur die gras gery voor hy van die motorfiets afgeval het. Die motorfiets het sowat dertig meter verder gelê. Die motorfiets egter is ‘n totale wrak. Jacques het erge borsbeserings opgedoen.

Paramediese personeel van ER24, Vaal Emergency Care en Netcare 911 was op die toneel. Jacques is gestabiliseer en na die Emfuleni Mediclinic geneem vir behandeling.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button