LifestyleLocal newsNews

Dié week in die nuus – 21 Februarie 2018

Vandag se Vaalweekblad is op straat en buiten interessante nuus, bevat dit ook ons groot jaarlikse Graad 1 bylae. Ouers wat hul kleingoed ingeskryf het vir die wedstryd moet beslis nie dié uitgawe misloop nie. Koop jou eksemplaar vandag by jou naaste straatverkoper of kafee teen R5-80

Hoofnuus in dié uitgawe sluit in:
* Die voormalige hoof van Kosmos-kleuterskool sterf in ‘n botsing naby Vaal Universiteit van Tegnologie.
* ‘n 50-jarige vrou word vasgetrek weens motordiefstal en dwelmhandel.
* Emfuleni se voormalige burgemeester verskyn weer in die hof oor beweerde kinder-porno.
* Fotoblad: Vaaldriehoekse skole pronk met hul oulike dirigente
* Fietsryer gaan 1 100 km aflê ten bate van Leeuhof se kinders.
* Neem gerus deel aan Vaalweekblad se gewilde weeklikse blokraaiselwedstryd – dalk wen jy R1000 kontant of 4 prysbewyse van R500 elk by ons deelnemende winkelsentrums!
* Moet ook nie vergeet van Vaalweekblad se weeklikse SMS-rubrieke, werksoekers en maatsoekers nie.
SPORT:
* 37 rekords is by die Vereeniging/Meyerton/Heidelberg Interhoër verbeter.
* Vaaldriehoekse atlete skitter by Distriksbyeenkoms.
* Die Vaaldriehoek se Ruann Visser boks eerskomende Vrydagaand by die Emerald Resort & Casino vir die Suid-Afrikaanse swaargewigtitel, asook die ABU All Africa-titel.
* Pragtige foto’s van die Oos-kring Interlaer.
* Verskeie rekords spat ook by die Wes-kring Interlaer.
Dié nuus en veel meer in vandag se uitgawe van Vaalweekblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button