Local newsNews

Diefstal van motorfietse neem hier toe

Die Sasolburg-polisie waarsku inwoners van Vaalpark om bedag te wees op ‘n toename in motordiefstal in dié woongebied.

 
VAALPARK. – Die Sasolburg-polisie waarsku inwoners van Vaalpark om bedag te wees op ‘n toename in motordiefstal in dié woongebied.

‘n Woordvoerder van die polisie sê diewe teiken veral duur toermotorfietse soos die BMW 1200, 850 en 650. Die diewe is veral bedrywig in die Faraday-straat-seksie naby die R59, sowel as naby Karaslaan naby Minnaarstraat.

Ander interessante statistiek is dat die diewe hul misdade veral Woensdag- en Donderdagnagte tussen middernag en 04:00 uitvoer.

Die polisie raai motorfietseienaars aan om hul fietse met opsporingstoestelle toe te rus en dit nie op sypaadjies buite die erf te parkeer nie, hoewel selfs motorfietse wat agter slot en grendel is, nie gespaar word nie. Die diewe gebruik gewoonlik ‘n breekyster (gwala) om hekke oop te breek en sodoende toegang tot ‘n erf te verkry. Die diefstalle gaan in sommige gevalle gepaard met die vergiftiging van honde.

Die diewe is vermoedelik drie mans. Dit is in dié stadium nie bekend of hulle gewapen is nie. Verdagtes moet dus nie self gekonfronteer word nie.

Enigiemand met inligting kan speur. adjudant-offisier Leon de Klerk by 072 484 9046, of speursersant Mokoena by 083 8000 905 skakel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button