News

Sekuriteitswag dood na skietery

'n Sekuriteitswag is dood en 'n ander een in 'n kritieke toestand na 'n gewapende roof gistermiddag by 'n inkopiesentrum in Osiziweni, Newcastle.

Met paramedici se aankoms by die toneel het hulle die een wag met 11 skietwonde aan sy liggaam gevind.

Paramedici kon ongelukkig niks vir die man doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die ander wag is vier keer geskiet en in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem vir verdere mediese behandeling.

Vyf ander mense het ook ligte beserings opgedoen.

Die voorval word ondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button