News

Boer op plaas doodgeslaan

'n 68-jarige boer in die Coligny-distrik in Noorwes is Dinsdagaand op sy plaas aangeval en doodgeslaan.

Volgens sers. Kelebogile Moleko het mnr. Hannes Christie se werkers op sy lyk afgekom omstreeks 09:00 Woensdagoggend. Hulle het ondersoek ingestel toe hulle sien die skuifdeur staan oop. Hy is met ‘n skerp voorwerp teen die agterkop geslaan. Christie se plaas is tussen Coligny en Lichtenburg.

Volgens Moleko was daar geen gedwonge toegang nie en is mnr. Christie nie geskiet nie.

Mnr. Christie se moordenaars het drie vuurwapens gesteel en op vlug geslaan.

‘n Saak van huisroof en moord word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button