Volgens sers. Marin Xuma, polisiewoordvoerder het kapt. Johannes Molete van die Boithuso-polisie in Botshabelo die baba onder ‘n baadjie in ‘n oop ruimte langs die pad gevind. ‘n Taxibestuurder het kapt. Molete voorgekeer en ingelig dat hy iets opgemerk het wat in ‘n baadjie toegedraai is.
Toe kapt. Molete ondersoek instel en die baadjie oplig het die babadogtertjie daar gelê. Sy was sopnat omdat dit die hele aand gemotreën het. Haar naelstring was nog aan haar en ook bloed.
Sy is dadelik na ‘n plaaslike hospitaal geneem en in ‘n goeie toestand.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



