Volgens African News Agency was daar 71 passasiers aan boord.
Manoj Neupane, ‘n polisiewoordvoerder, sê 40 van die oorledenes se liggame was in die vliegtuigwrak vasgekeer, terwyl nege ander in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.
Al die oorledenes is nog nie uitgeken nie.
Volgens getuies is die vliegtuig uitmekaar geskeer toe die vlieënier ‘n noodlanding wou doen.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



