Hoofnuus in Vaalweekblad – 14 Maart 2018
Vandag se Vaalweekblad is op straat. Koop jou eksemplaar vandag by jou naaste straatverkoper of kafee teen R5-80

Retha Fitchat
* ‘n Gewilde jong meisie van Fochville, Christel van Zyl, sterf na ‘n familiekuier in Vanderbijlpark.
* Ouers kan hul kinders wat aan dwelms verslaaf is, nou laat arresteer om betyds behoorlike hulp vir hulle te kry.
* Die vermoorde polisievrou, Michelle Stephenson, se moordenaar tot 30 jaar tronkstraf gevonnis. Nóg ‘n beskuldigde verskyn hierdie week in die hof ivm haar dood.
* ‘n Skoolmeisie wat haar onderwyseres met ‘n boek vol los blaaie gegooi het, maak steeds opslae. Haar ouers en mede-leerlinge gee moontlike redes waarom dié “normaalweg mensliewende” meisie so oorreageer het.
* Die pompstasie in Sonlandpark bly steeds ‘n groot kopseer vir inwoners.
* Swendelaars het ‘n nuwe manier om motoriste wie se voertuie gesteel is, verder in te doen. Loop maar lig!
* ‘n Emfuleni-raadslid gee die redes waarom inwoners voorlopig self die slaggate in die gebied se paaie sal moet regmaak.
* ‘n Vaaldriehoekse broer-en-suster skrywerspaar word geloof vir hul debuutwerke.
* Onthou ook om deel te neem aan Vaalweekblad se SMS-rubrieke as jy ‘n mening wil lug, as jy na ‘n maat of ‘n werk soek.
* Wen R1000 kontant en meer as R3000 se geskenkbewyse met die weeklikse blokraaisel!
* Fotobeeld van die naweek se aksie by Ultimate Outlaws Raceway
SPORT:
* Transvalia kwes HS Monument se Wit Bulle
* Die Gauteng-hengelspan, bestaande uit heelwat Vaaldriehoekers, wen ‘n groot kampioenskap in BLoemfontein.
* Lewendige hokkie-aksie in die Tuks-reeks.
Koop vandag jou Vaalweekblad! Jou weeklikse aankoop teen R5-80 stel MooiVaal Media in staat om daaglikse GRATIS nuus op Vaalweekblad en Sedibeng Ster se webtuistes en Facebook te plaas. Ons het groot waardering vir ons lesers se ondersteuning!



