Local newsNewsNews

13 jarige meisie kritiek na tref en trap (Video en fotos – Jannie du plessis)

13 jarige meisie kritiek na tref en trap

VANDERBIJLPARK. – Die polisie en gemeenskap is op soek na ‘n wit Mercedes Benz Vito met ‘n blanke manlike bestuurder wat aan die linker voorkant gestamp is nadat hy vanmiddag 16 Maart net na 17:15 twee kinders raakgery het en ‘n derde rakelings gemis het en daarna van die toneel af weggejaag het.

“n Mercedes Benz Vito soortgelyk aan die een word gesoek.

Bernadine Luther (13), haar nefie en nog ‘n vriend was op die sypaadjie in ‘n suidelike rigting vanaf die Curie Boulevard sirkel oppad in Langenhovenstraat af toe die Mercedes Benz Vito hulle van agter getref het. Bernadine se neef het sy vriend uit die pad uit geruk en in die proses is sy linkervoet gebreek onder die voertuig se wiel. Die Vito het oor die randsteen op die sypaadjie beland nadat die bestuurder waarskynlik beheer verloor het oor die voertuig.

Bernadine is daarna deur die voertuig getref en het sowat dertig meter verder te lande gekom. Sy het hoofbeserings, abdominale beserings en beserings op die heupe opgedoen en is deur ER24 en Netcare 911 paramedies personeel op die toneel gestabiliseer en per ambulans na die Rugbyklub se sportgronde geneem waar Netcare 911 se helikopter haar na Baragwanath hospitaal gevlieg het.

LEES MEER IN VAALWEEKBLAD 21 MAART

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button