
Met paramedici van ER24 se aankoms op die toneel omstreeks 06:30 het hulle gevind dat Mnr. Luigi Gaigher, DA-raadslid vir Wyk 18 in die Metsimaholo-munisipaliteit (Sasolburg en omstreke), in een van die voertuie vasgekeer is.
Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Een van die ander pasiënte is per helikopter hospitaal toe gevlieg, terwyl die provinsiale nooddienste die ander pasiënt hospitaal toe geneem het.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



