CommunityLocal newsNews

Botsing eis bekende raadslid

DA in Metsimaholo-munisipaliteit verloor 'n ywerige kampvegter

 

Mnr. Luigi Gaigher, DA-raadslid vir Wyk 18 in die Metsimaholo-munisipaliteit (Sasolburg en omstreke), het vanoggend, Saterdag 24 Maart, onderweg na Bloemfontein in ‘n botsing gesterf.
Mnr. Gaigher, wat ook die DA se mediabeampte in Metsimaholo was, was saam met mnr. Thulo Kamohelo op pad na ‘n provinsiale vergadering van die DA toe die tragedie plaasgevind het. Mnr. Kamohelo is met inwendige beserings in die Baragwanath-hospitaal opgeneem.
Vaalweekblad se redaksielede, wat op ‘n gereelde basis met Luigi kontak gehad het, sal hom onthou as ‘n man met ‘n onblusbare liefde vir God en sy familie. Hy het ook ‘n passie vir politiek gehad en het die DA met groot ywer gedien.
* MooiVaal Media se innige simpatie aan sy ouers en gesin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button