NewsNews

Bromponie verpletter

‘Veiliger’ roete vrywaar Roxy nie van botsing

‘Veiliger’ roete vrywaar Roxy nie van botsing

‘n Bekende in die Vaaldriehoek se selfoonhandel, me. Roxy McIntyre, is Dinsdagaand beseer toe sy in Ascotlaan, Vanderbijlpark, naby Mario Milani-rylaan deur ‘n aankomende voertuig, wat glo aan die verkeerde kant van die pad gery het, getref is. Roxy is met die impak eenkant toe geslinger.

Die bromponie waarop Roxy gery het, was letterlik in stukke nadat die voertuig bo-oor dit gery het.
Die bromponie waarop Roxy gery het, was letterlik in stukke nadat die voertuig bo-oor dit gery het.

Haar bromponie is verder verpletter toe die motor na die botsing bo-oor dit gery het. Roxy, wat bestuurder van die Vodacom-tak by President Hyper is, het verskeie skraap- en kneuswonde, asook ‘n gebreekte arm  opgedoen. Sy is deur ER24 na Mediclinic Emfuleni geneem vir verdere behandeling. Gelukkig kon sy reeds ontslaan word om haar 26ste verjaardag gister (21 Julie) tuis saam met haar ouers deur te bring. Roxy is die bestuurder van die Vodacom-tak by President Hyper, en sê sy verkies dit juis om met die “veiliger” Ascotlaan huis toe ry om die swaar verkeer op die Barrage-pad te vermy. Die polisie ondersoek die presiese oorsaak van die botsing. Roxy het darem nie haar kenmerkende humorsin verloor nie. “My scooter is nou in soveel klein stukkies dat ek dit voortaan in my handsak kan saamvat werk toe,” spot sy met haarself.

Volgens haar ma, mev. Marinda McIntyre, het die skok van die gebeure hulle eintlik eers ‘n dag na die ongeluk getref. As ek so kyk na die skade aan albei voertuie, weet ek dat die Here sy hand oor my kind gehou het. Dit kon soveel erger gewees het,” sê sy. Foto: Chris Smuts

DSCF6206 Ongeluk scooter 20-7-2015

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button