AdvertorialBusinessNewsNews
Engelkind word vandag gegroet
MEYERTON. - Vandag om 11:00 sal familie en vriende van klein Reanei Stols (16 maande) finaal afskeid neem van haar, na sy verlede Vrydagoggend tydens 'n motorongeluk oorlede is.
Reanei, wat saam met haar mamma, Shanei Norris, in die voertuig was het noodlottige beserings tydens die ongeluk opgedoen.
Almal wat die klein sprankel dogtertjie geken het word uitgenooi om haar begrafnisdiens vandag om 11:00 by te woon. Sy word vanuit die AGS Doxa Theo’s gemeente in Riversdale begrawe.
Reanei se mamma is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.
Lees gerus volledige berig in Vaalweekblad wat gister verskyn het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



