NewsNews

Brand na beurtkrag

MEYERTON. - Asof beurtkrag nie reeds genoeg ongerief veroorsaak nie, was dit vir die eienaar van Grab A Bite, George da Silva ‘n groot skok toe ‘n brand ontstaan het nadat die krag op 11 Junie, na die aand se beurtkrag, weer aangeskakel is.

MEYERTON. – Asof beurtkrag nie reeds genoeg ongerief veroorsaak nie, was dit vir die eienaar van Grab A Bite, George da Silva ‘n groot skok toe ‘n brand ontstaan het nadat die krag op 11 Junie, na die aand se beurtkrag, weer aangeskakel is.
Die oorsaak van die brand is moontlik veroorsaak deur een van die braaiers waarin die vis gaargemaak word wat nooit afgesit is toe die krag afgegaan het nie. Die onderneming het om 19:00 gesluit en teen 23:00 het rook by die deur uitgekom. Midvaal Brandweer is ontbied en het vinnig gereageer voordat die brand verder kon versprei. Die brand het meestal aan die binnekant skade veroorsaak en die skade beloop sowat R500 000.
“Mense moet versigtig wees en seker maak dat alle elektriese toebehore afgeskakel is wanneer die krag afgaan om ‘n voorval soos hierdie te voorkom,” sê Martin de Aguiar, eienaar van die perseel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button