News
Kleuter brand erg in bad water
'n Kleuter is gisteraand hospitaal toe gejaag na hy in 'n bad vuurwarem water geval het.

Die vierjarige seuntjie het per ongeluk in die bad vuurwarem bad water beland en ernstige brandwonde aan sy boude en bene opgedoen.
Die ma van die seuntjie het na ‘n nabygeleë kerk gehardloop en die sekuriteitswagte gevra om hulp te ontbied.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici omstreeks 21:10 by die Plastic View0informele nedersetting, oos van Pretoria aangekom. Hulle het die seuntjie behandel en na die Steke Biko-akademiese hospitaal vir verdere behandeling geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



