ER24 paramedici het omstreeks 05:35 gisteroggend op die toneel gekom waar die voertuig in die veld aan die kant van die pad tot stilstand gekom het.
Twee mense het steeds in die voertuig gesit terwyl nog twee op die toneel rondgeloop het.
Paramedici het die pasiënte ondersoek en gevind dat al vier beserings opgedoen het wat wissel van gering tot matig. Daar was gelukkig geen ernstige of noodlottige beserings nie.
ER24 sê die pasiënte is vir hulle beserings op die toneel behandel en na Sebokeng Hospitaal en Mediclinic Emfuleni vir verdere behandeling geneem.
Die voorval word ondersoek
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



