Local newsNewsNews

Bakkie tol deur die lug na botsing

SASOLBURG. - Volgens ooggetuies gisteraand, het 'n Toyota Hilux Raider bakkie deur die lug getol na 'n botsing met 'n Fiat Palio.

SASOLBURG. – Volgens ooggetuies gisteraand, het ‘n Toyota Hilux Raider bakkie deur die lug getol na ‘n botsing met ‘n Fiat Palio.

Die ongeluk het ongeveer 21:00 gisteraand, Donderdag 19 April op die R57 net na die Vaalpark afrit en voor die Vaalrivierbrug, rigting Vanderbijlpark, plaasgevind.

In die Fiat was ‘n pa, ma en twee kinders. Die kinders is beseer en is deur Vaal Emergency Care op die toneel behandel en na die hospitaal geneem. Die ma het ligte beserings opgedoen en het egter hosipitalisering geweier. Die pa is ongedeerd.

Die bestuurder en enigste persoon in die bakkie, Tom Munger, was nog vasgevang en het onderste-bo aan sy sitplekgordel gehang. Sy arm was volgens sy vrou, Jennet, onder die bakke se dak vasgevang. Volgens ‘n oggetuie op die toneel het Tom aan omstanders gesê hulle moet hom losmaak maar is aangesê dat hy eers moet wag vir die nooddienste. Hy het egter aangedring en gesê hy kry nie asem omdat die gordel sy keel toedruk. ‘n Omstander het die sitplekgordel gesny en Tom is bevry en het uitgeklim en is deur ER24 opersoneel behandel en na die hospitaal geneem. Tom het snye en kneusmerke aan die kop opgedoen en groot gedeeltes van sy lyf is blou met kneusmerke. Sy arm, wat onder die dak vasgevang was, is potblou.

Volgens Jennet het Tom klaarblyklik in die buitebaan gery toe hy net ‘n stamp voel en die volgende oomblik was die bakkie deur die lug. Die vermoede bestaan dat die Fiat Palio van die Vaalpark afrit reg teen hom vasgery het. Die bakkie het sowat 150m verder tot stilstand gekom en verskeie kere gerol. Wrakstukke het oral gesaai gelê. Omstanders kon nie glo dat Tom lewend uit die wrak geklim het nie.

Die polisie was op die toneel en die saak word ondersoek.

FOTO’S en VIDEOGREEP: JANNIE DU PLESSIS – VAALWEEKBLAD

Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button