NWU se visie-kanselier in hospitaal na hartaanval
Marianke Saayman - Potch Herald POTCHEFSTROOM. - Prof. Dan Kgwadi, die vise-kanselier van die Noordwes Universiteit het gisteraand op sy Facebook blad laat weet dat hy in die intensiewe sorgeenheid van Unitas Hospitaal in Pretoria opgeneem is na hy ‘n hartaanval gehad het.
Marianke Saayman – Potch Herald
POTCHEFSTROOM. – Prof. Dan Kgwadi, die vise-kanselier van die Noordwes Universiteit het gisteraand op sy Facebook blad laat weet dat hy in die intensiewe sorgeenheid van Unitas Hospitaal in Pretoria opgeneem is na hy ‘n hartaanval gehad het.
Prof. Kgwadi het ‘n lesing op Woensdag 18 April by die NWU aangebied waarna hy na sy huis is Centurion gegaan het. Hy sou Donderdagoggend na Kaapstad vlieg vir ‘n Alumni-funksie wat daar sou plaasvind.

Prof. Dan Kgwadi in die hospitaal na sy hartaanval. Foto: Facebook | Ntate Dan Kgwadi
Hy het egter nie sy vlug gemaak nie weens ‘n hartaanval en is in die intensiewe sorgeenheid van Unitas Hospitaal in Centurion opgeneem vir ‘n dringende hartprosedure. Hy sê dat hy net betyds hulp ontvang het.
“Dankie God vir die kennis en tegnologie. ‘n Veelrassige en veeltalige span wat met ‘n gemene doel gewerk het om my lewe te red, verdien ‘n kompliment. Suid-Afrika is geseën met vaardighede,” het hy op Facebook gesê.



