NewsNews

Twee dood in brandende voertuig

Drie mense is dood en twee ander beseer tydens 'n kop-teen-kop botsing op die R82 gisteroggend.

Met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel wat een voertuig aan die brand en die ander voertuig erg beskadig. Twee mense was vasgekeer in die brandende voertuig en paramedici kon egter niks vir hulle doen nie.

‘n Derde persoon is dood op die toneel gevind en ‘n man en vrou met ligte beserings. Die man en vrou is hopsitaal toe geneem vir verdere mediese sorg.

Tydens ‘n ander voorval het ‘n man ernstige beserings opgedoen toe die voertuig waarmee hy gery het, met ‘n boom in Beethovenstraat in Vanderbijlpark gebots het. Hy is na Sebokeng-hospitaal vir verdere mediese sorg geneem.

Beide voorvalle word ondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button