News

VIDEO: Kind tydens gewapende roof omgery

'n Jong kind is Saterdagoggend tydens 'n gewapende roof in die straat omgery.

Kringtelevisiemateriaal wat op sosiale media versprei is wys hoe vermoedelik die eienaar van die huis in Blairgowrie in Randburg met sy/haar motor by die huis aankom en ‘n paar sekondes later draai ‘n wit Mercedez-benz by die oprit in.

Die jong kind het saam met ‘n vrou in die straat gestap toe die Mercedez-benz by die oprit indraai en hom egter met die voertuig om stamp. Die vrou, wat nog ‘n kind op haar rug het, help hom op en hulle hardloop weg toe hulle sien drie gewapende rowers spring uit die kar om in die erf in te hardloop.

Die rowers omsingel die slagoffers se motor waarna die motor vinnig agteruit ry en teen die muur en hek stamp. ‘n Rukkie later kom die rowers uit, klim in hul kar en ry weg.

Kyk video wat op 5 Mei op Stolen Cars RSA se Twitter gedeel is hier:

https://twitter.com/twitter/statuses/992781104640872448

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button