Local newsNews

Die week se nuus – 9 Mei 2018

Vandag se Vaalweekblad is op straat. Koop jou eksemplaar vandag by jou naaste straatverkoper of kafee teen R5-80

 

Retha Fitchat

* Die Sasolburgse bedryfsingenieur/onderwyser wat drie weke gelede die dood net-net vrygespring het toe hy vermoedelik deur ‘n verdwaalde pyl van ‘n boogskutter getref is, vertel vir die eerste keer self van sy skokervaring.
* ‘n Optelhondjie red ‘n bejaarde egpaar tydens ‘n rower-aanval.
* Waar ‘n rokie draai… Lesers vra wat aangaan by Lethabo-kragstasie omdat daar deesdae gereeld rook uit die lang torings trek. Kan dit wees dat dié gevaarlike uitlaatstowwe ons siek maak?
* Shanei Norris, die jong ma wat erg beseer is in ‘n motorongeluk wat die lewe van haar dogtertjie geëis het, is na ‘n privaathospitaal oorgeplaas danksy die publiek se ondersteuning.
* Ouers van kinders wat volgende jaar in Graad 1 of Graad 8 gaan wees het nog net twee weke om hulle in te skryf. Lees meer hieroor in vandeesweek se uitgawe.
* Affies se “vreeslose wiskunde-wedlopers” vertel meer oor hul opwindende deurnagwedstryd.
Sport:
* ‘n Wraakwedstryd wag komende naweek wanneer die NWU (Vaalkampus) en die Vereeniging Rugbyklub se spanne mekaar aandurf.
* Die Vaaldriehoek bied met trots die SA Potspeltoernooie aan.
* Transvalia se o/14-rugbyspan is Saterdag as naaswenners in die Tuksreeks aangewys.
* Pragtige fotobeeld van Noordskool se Tinktinkiedag wat die afgelope naweek in Sasolburg gehou is.

Wedstryde:
* Jy kan R1000 wen in Vaalweekblad se maklike blokraaiwedstryd!
* Alle bruide wat vanjaar trou of getrou het – skryf in vir Vaalweekblad se glansryke wedstryd.
* Ouers van kleingoed tussen die ouderdom van 3 maande en 6 jaar: Skryf jul kinders nou in vir die groot Baba- en Kleuterwedstryd!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button