NewsNews
Boewe loop hul rieme styf in Meyerton
MEYERTON. - Die flink optrede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en lede van die publiek het gesorg dat twee vermeende inbrekers vroegoggend in hegtenis geneem word na hulle by een van die wonings in Eikestraat, Golfpark, ingebreek het.
Die twee het te voet gevlug, maar lede van die GPF was hulle een stap voor.
Hulle het egter daarin geslaag om oor ‘n paar huise se mure te spring, waarna hulle in een van die erwe weggekruip het, maar toe hulle weer oor een van die mure spring om weg te hardloop is hulle opgemerk en daarna vasgetrek.
Die polisie is ook ontbied, waarna dié twee na die aanhoudingselle geneem is.
Die voorval het vanoggend net voor 04:00 plaasgevind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



