News
Motorfietsryer dood in botsing op R82
VEREENIGING. - 'n Motorfietsryer, vermoedelik 40 jaar oud, is gisteraand dood, na hy in 'n kop-teen-kop botsing op die R82 betrokke was.
Met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel net na 23:00 het die motorfiets langs die kant van die pad gelê en ‘n bakkie het ‘n entjie weg in die pad gestaan.
Paramedici het die man ondersoek, maar ongelukkig het hy geen teken van lewe getoon nie. Hy het verskeie beserings opgedoen.
Die insittendes van die bakkie, ‘n man en twee kinders, het geen beserings in die ongeluk opgedoen nie.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



