Local newsNews
Ongeluk naby die afrit van R59 by Ringweg
Brandweer vinnig op die toneel om beseerdes by te staan

Opdatering: Die Vereeniging brandweer en ander nooddienste was Donderdag, 17 Mei, vinnig op die toneel na ‘n botsing tussen ‘n motor en ‘n sakeonderneming se afleweringsvoertuig by die afrit van die R59 na Ringweg. Volgens aanvanklike berigte is drie mense ernstig in die botsing beseer, maar familielede van die betrokkenes het Vaalweekblad intussen ingelig dat niemand erg beseer is nie en dat nie een van die betrokkenes in die hospitaal opgeneem nie. Vaalweekblad stel graag die aanvanklike berig reg. Foto’s: Chris Smuts

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



