Twee groot hofsake uitgestel
VANDERBILPARK. - Twee groot omstrede verhore wat die week sou begin het is uitgestel na latere datums.
VANDERBILPARK. – Twee groot omstrede verhore wat die week sou begin het is uitgestel na latere datums.
Die saak waarin die jong seun van ‘n Sasolburg Hoërskool in ‘n bakleiery by die Okie Dokie kroeg op Vanderbijlpark die dood veroorsaak het van ‘n bekende Kareokie sanger is uitgestel vir verhoor na 13 Junie in die hof op Vanderbijlpark.
Wimpie Koekemoer (30) is Saterdagaand 28 Oktober 2017 by die Okie Dokie restaurant in Mumfordstraat in die dorp vermoedelik deur Francois Byleveldt (18), aangerand. Byleveldt is familie van Koekemoer.
Koekemoer is die Maandag, 30 Oktober, breindood verklaar en is dieselfde aand omstreeks 23:10 oorlede.
Byleveldt het Koekemoer glo met die vuis geslaan, waarna hy grond toe geval het.
Dr. Whitney Mentor, ‘n praktisyn by Mediclinic Emfuleni, se verhoor is uitgestel na 10 September by die Palm Ridge hof naby Alberton.
Dr. Mentor staar verskeie aanklagte in die gesig, waarvan onder meer strafbare manslag, nadat ‘n jong meisie na ‘n operasie in dié hospitaal gesterf het.
Franzel van den Bergh (17), was ‘n graad 11-leerling aan die Hoërskool Transvalia en is op Dinsdag 4 November 2014, binne ‘n tydperk van drie weke na verskeie operasies in Mediclinic Emfuleni oorlede.






