VANDERBIJLPARK. – ‘n Klein blou Opel Corsa was gisteraand Saterdag 19 Mei net na 17:00 in ‘n ongeluk betrokke met ‘n groot Ford Transit bus op die kruising van Danie Theronstraat en Melt Brinkstraat.
Volgens die bestuurder van die Ford Transit bus, met ses insittendes, het hy in Melt Brink afgery in Phoenix park se rigting toe die betsuurder van die Opel Corsa, wat ook in die rigting van Phoenix park oppad maar in Danie Theronstraat, oor die stopstraat (waar geen stopteken is nie), gery het. Die Corsa het die Ford Transporter teen sy regter agterwiel gestamp en die Ford het omgerol en op sy dak te lande gekom. Twee pasiënte van die Ford is na die hospitaal geneem vir behandeling. Die vyf insittendes van die Corsa is nie beseer.
Omstanders het die vermoedelik besope bestuurder van die Opel Corsa in ‘n voertuig laat sit en wag vir die polisie. SE3 buurtwag was ook op die toneel en het gehelp om die verkeer te reguleer. Volgens ‘n omstander het heelwat ongelukke in die laaste tyd gebeur waar padmerke vervaag het en verkeersteken en robotte of omgery of verwyder is.
SAPD Vanderbilpark ondersoek die saak.










