Local newsNewsNews

Lelike kop-teen-kop ongeluk op R553 (Video en Fotos-Jannie du Plessis)

VANDERBIJLPARK. - Een persoon is op die toneel dood en vyf ander beseer toe twee voertuie kop-teen-kop met mekaar gebots het op die R553 Noord van ArcelorMittal.

VANDERBIJLPARK. – Een persoon is op die toneel dood en vyf ander beseer toe twee voertuie kop-teen-kop met mekaar gebots het op die R553 Noord van ArcelorMittal.

Die ongeluk het na 12:00 vanmiddag, Sondag 20 Mei, op die R553 plaasgevind. ‘n Bakkie van Fidelity Guards met net die bestuurder agter die stuur en ‘n grys Fiat Palio, met vyf insittendes, het kop-teen-kop gebots nadat die bestuurder van die Fiat aan die verkeerde kant van die pad beland het.

Petrus Mokoena, bestuurder van die Fidility Guards bakkie het op die toneel aan Vaalweekblad gesê dat die Fiat het op die draai aan die verkeerde kant van die pad gery. “Ek het probeer uitswaai maar ons het gebots,” het Pertus gesê.

Die Fiat met sy vyf insittendesis deur ER24- en die Gauteng Provinsiale Ambulans personeel op die toneel behandel. Drie pasiënte was nog binne die voertuig en drie was reeds buite. Een van die pasiënte het op die toneel gesterf. Drie van die insittende was in ‘n kritieke toestand en die ER24 One Plan helikopter het twee van die pasiënte na die LenMed Hospitaal gevlieg. Twee pasiente is na Sebokeng hospitaal geneem en Gauteng Provinsiale ambulansdiens het een pasiënt na ‘n ander plaaslike hospitaal geneem. Emfuleni brandweer was op die toneel om te help om die pasiënte uit die voertuig te haal.

Verkeer op die pad is heeltemal ontwrig en voertuie moes langs die mielielande op ‘n gronpad verbysukkel. Forensiese deskundiges was tot laatmiddag op die toneel om die ongeluk te ondersoek.

VIDEO: Jannie du Plessis

FOTO GALLERY: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button