Local newsNewsNews

Taxi teen boom – 5 beseer

Taxi teen boom - 4 beseer

Opdatering

VANDERBIJLPARK. – ‘n Taxi en ‘n Mazda 2 was net na 17:00 vanmiddag 22 Mei, in ‘n ongeluk betrokke op die T-aansluiting van Heavisidestraat en Currie boulevard.

Die bestuurder van die taxi en drie van die insittendes is lig beseer. Die bestuurder het ‘n sny teen die gesig opgedoen terwyl twee vrouens net kneusplekke en ligte skrapies opgedoen het. Die bestuurder van die Mazda het ‘n snywond op die agterkop opgedoen.

Die taxibestuurder en drie insittendes van die taxi is na die Sebokeng hospitaal geneem en die bestuurder van die Mazda is na Emfuleni Mediclinic geneem vir behandeling. Die brandweer het later op die toneel opgedaag om die taxi om die boom te bevry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button