News

Jong seun dood in motorfietsongeluk

MEYERTON. - 'n Jong seun is vanmiddag dood na die motorfiets waarmee hy gery het, met 'n motor gebots het.

Die ongeluk het vanmiddag net voor 17:00 in Jan Neethlingstraat in Riversdale gebeur.

Met paramedici van ER24 se aankoms op die toneel het die seun reeds aan sy beserings beswyk.

‘n Voetganger was ook in die slag toe die motorfiets hom getref het, na dit teen die motor gebots het. Die voetganger het geringe beserings opgedoen en is hospitaal toe geneem vir verdere mediese sorg.

Die bestuurder van die motor is ongedeerd.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button