Met paramedici van Netcare 911 se aankoms by die toneel is beide voertuie langs die kant van die pad gevind. Een persoon was in een van die voertuigwrakke vasgekeer en met behulp van brandweermanne bevry.
Die man is op die toneel vir sy beserings behandel voor hy vir verdere mediese sorg hospitaal toe geneem is.
Die twee insittendes van die ander voertuig het geringe beserings opgedoen.
Die voorval word ondersoek.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



